KONSEP
DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN TOERISMETAK MARIENE EN KUSBESTUUR
INHOUDSOPGAWE
Inleiding ... 3
Sektorale profiel ... 4
Die proses van medium-termyn regtetoekenning ... 5
Duur van regte... 6
Nuwe inkomelinge... 6
Evalueringskriteria...7
Weringskriteria ... 7
Vergelykende balanseringskriteria ... 8
Bestuur en mede-bestuur van die KZN strand-treknetvissery van sardiens... 10
Aansoekgelde ... 10
Gebruik van voertuie in die kussone ... 11
Permitvoorwaardes... 11
Inleiding
Hierdie document is 'n konsepbeleid vir openbare kommentaar oor die toekenning en bestuur van visvangregte in die KwaZulu-Natalse (KZN) kommersiële strand-treknetvissery van sardiens word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement"). Na hierdie visvangbedryf word ook verwys as die KwaZulu-Natalse strand-treknetvissery van sardiens. Die konsepbeleid moet saam-gelees word met die Konsep van die Algemene Beleid vir die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid"). Belenghebbende en affekteerde partye mag skirftelik kommentaar lewer by die Department teen 11 April 2005. Kommentaar wat na hierdie datum ontvang word, sal nie in aanmerking kom nie. Kommentaar moet as volg ingedien word:
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die KZN strand-treknetvissery van sardiens uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik by die toekenning van regte. Hierdie beleid verteenwoordig tewens 'n dokumentasie van sodanige beleid.
Sekere voorgenome bestuursbeleidsrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandboek vir die KZN strand-treknetvissery van sardiens sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in die fynste besonderhede die toepaslike bestuursmetodes en -prosedures vir die bedryf uitstippel.
Die jaarlikse sardienloop kom ooreen met 'n aflandige beweging van die warm Augulhas-stroom in die omgewing van die Wilde Kus, gedurende herfs tot en met winter en die vervanging daarvan deur 'n koel, smal strokie water by die kus. Hierdie gebeurtenis verskaf 'n gang vir die sardiens wat koeler water verkies om noordwaarts te migreer in groot skole wat tot 15 meter lank, drie kilometer wyd en 40 meter diep kan wees. Die skole trek die aandag van baie roofvisse soos malgasse, dolfyne en haaie.
Die KZN strand-treknetvissery van sardiens vertrou volkome op die sardienloop. Boonop is KwaZulu-Natal se toerisme-bedryf daarop ingestel om op die skouspel van die sardienloop met inbegrip van die opwinding van die strand-treknetoperasies te kapitaliseer. Daar kom egter jare voor wanneer die koue water nie opstoot nie, of wanneer sardiens nie by die kus te bespeur is nie. Sommige jare was die vangste in KwaZulu-Natalse strand-treknetvissery van sardiens feitlik nul.
KZN strand-treknetvissery van sardiens is sedert die 1970's gereguleer. Voor die Wet of Lewende Mariene Hulpbronne, 18 van 1998 (die WLMH) is permitte deur die lisensiëringsraad van die KZN-visvangbedryf uitgereik. 'n Maksimum van 35 permitte is jaarliks toegeken. Permitte, en huidiglik regte, is uitgereik uitsluitlik vir die vangs van sardiens; alle ander vissoorte moes lewend in die water teruggeplaas word.
Sektorale profiel
Die kommersiële KZN strand-treknetvissery van sardiens word tot KwaZulu-Natal beperk. Aangesien dit 'n kort, seisoenale visvangbedryf is, wat slegs gedurende die sardienloop geaktiveer word, is die meeste van die deelnemers in diens van ander visvangsektore vir die res van die jaar.
Hoewel sardiens 'n TTV-beheerde spesie is, wat hoofsaaklik deur die diepsee-visvangbedryf geteiken word, word die KZN strand-treknetvissery van sardiens op die grondslag van Totale Toegepaste Poging (TTP) bestuur. Die rede hiervoor is dat die totale biomassa wat deur strand-treknette in KZN uitgetrek word minder as 0.1 persent van die totale nasionale vangste beslaan. Die poging word nie beperk tot enige bepaalde strande of gebiede nie, wat toelaat dat die vissers die sardiens langs die kus kan volg en die vis kan vang soos wat hulle nader aan die kuslyn beweeg. Beperking op toerusting is van toepassing en visvangbedrywighede binne mariene beskermde gebiede word verbied. Die TAE (die aantal nette wat gebruik mag word) word elke jaar deur die Minister bepaal.
Die strand-reknette vir sardiens word uitgelê met die gebruik van omskepte skibote. Spanne vissers - ongeveer 20 per net - trek dan die net per hand na die kus. Sardiens word plaaslik deur die regtehouer verkoop, of kopers koop die inhoud van die net terwyl dit nog op die strand is. Die oorgrote meerderheid van die vangs word as aas gebruik, maar 'n beperkte hoeveelheid sardiens word deur die plaaslike bevolking verbruik. In jare wanneer die sardienloop wel plaasvind, word 'n gemiddeld van 20 000 kratte of 500 ton uitgetrek, met 'n vangswaarde van tussen R1.5 en R2 miljoen.
Die huidige regtehouers is hoofsaaklik kommersiële vissers wat eweredig tussen swartes persone en blankes verdeel is. Gedurende die afgelope paar jaar, is twee regte deur regtehouers van pylinkvis van die Oos-Kaap gebruik. Hierdie vissers het meer gevorderde tegniese prosedures na die visvangbedryf gebring. Die gebruik van 'n opspoorvliegtuig en voortreflike visvangtoerusting, het tot gevolg gehad dat hulle beter as al die ander vissers gevaar het. Al die spanne gebruik tydelike arbeid gedurende die seisoen. Gevolglik word ongeveer 700 werkers vir een of twee maande jaarliks per seisoen in diens geneem.
Die proses van medium-termyn regtetoekenning
Die strand-treknetvissery van sardiens het nie veel verander sedert voor hersiening van die TAE en die toekenning van regte in 2001 nie. Medium-termyn visvangregte het 'n mate van stabiliteit Konsep KZN Strand-Treknetvissery Beleid: Maart 2005
na die visvangbedryf gebring, waar permithouers voorheen die die vangbedryf jaarliks toegetree of verlaat het. In 2001 is die TAE is op 35 regtehouers vasgestel. Slegs 27 aansoeke is ontvang waarvan 26 toegeken is.
Hierdie visvangbedryf is redelik kapitaal-intensief as gevolg van die kapitaal-uitleg wat nodig is om 'n kragtige skiboot, strand-trekent en 4X4-voertuig te koop, asook die risiko wat gepaard gaan met die kort, onvoorspelbare sardienseisoen. Die visvangbedryf word tans deur 50 persent swart persone besit en bestuur.
Oorkoepelende sektorale doelwitte
Die doelwitte om langtermyn regte in die strand-treknetvissery van sardiens toe te ken is om:
Die transformasieprofiel van hierdie visvangbedryf te verbeter;
Regte aan strand-treknetvissers van sardiens wat tradisioneel van sardiens afhanklik is en inwoners van KZN toe te ken;
Die ekonomiese lewensvatbaarheid van die visvangbedryf in stand te hou;
Die omgewingsvolhoubaarheid van die visvangbedryf te verseker.
Tydsduur van regte
Met inagneming van bogenoemde doelwitte sal die Departement kommersiële visvangregte vir 'n tydperk van tien jaar toeken (01 Januarie 2006 tot en met 31 Desember 2015). Elke regtehouer sal egter met gereelde tussenposes getoets word teen voorafbepaalde prestasiekriteria.
Nuwe inkomelinge
Surpluspoging is vir toekenning in hierdie visvangbedryf beskikbaar. Die Departement is voornemens om regte aan nuwe inkomelinge toe te ken. Regtehouers wat nie presteer nie en ongetransformeerde entiteite sal ook vervang word.
Aansoeke sal volgens 'n stel "uitsluitings kriteria" gesif word. Nuwe aansoekers and bestaande regtehouers wat aansoek doen sal daarna apart evalueer word in terme van 'n stel "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt, sal dan bepaal word om die suksesvolle aansoekers te kies.
Uitsluitingskriteria
Behalwe kriteria beskryf in die Algemene Beleid oor doe onbehoorlike indien van aansoeke and wesentlike tekortkominge sal die Departement aansoekers uitsluit wat versuim om aan die volgende vereistes te voldoen:
Vorm van regtehouer: Hoewel die Departement maatskappye en beslote korporasies verbied om aansoek te doen om enige van die Groep D-visvangbedrywe is die KZN strand-treknetvissery van sardiens 'n uitsondering. Die Departement sal in hierdie visvangbedryf (en slegs in hierdie Groep D-visvangbedryf) individue en beslote korporasies (nie maatskappye nie) toelaat om aansoek te doen om 'n visvangreg vir die KZN strand-treknetvissery van sardiens. Meer as een reg sal nie aan 'n familie toegeken word nie. Verder sal 'n reg nie aan 'n beslote korporasie en lede of werknemers daarvan apart toegeken word nie.
Tradisionele strand-treknetvissery van sardiens: Regte sal net toegeken word aan tradisionele strand-treknetsardienvissers. Die Departement beskou 'n tradisionele strand-treknetsardienvisser as iemand wat die afgelope tien jaar aktief in die visvangbedryf aktief was.
Toegang tot nette en bote: Aansoekers sal versoek word om te bewys dat hulle toegang het tot die geskikte nette en 'n gepaste boot, wat nodig is om in hierdie visvangbedryf te opereer.
Papierkwota's: Papierkwota's soos uiteengesit in die Algemene Beleid sal uitgesluit word. Groot groepe identiese of heelwat soortgelyke aansoeke wat deur konsultante of kommersiële visvangmaatskappye of ander entiteite geborg word, sal uitgesluit word as fronte vir papierkwota's, ongeag die meriete van die individuele aansoeke. Die onus berus by die aansoekers om voldoende bewys te lewer dat hulle nie fronte vir papierkwota's is nie.
Nie-gebruik: Regtehouers wat nie gereeld hulle regte gedurende die tydperk 2002 tot 2004 gebruik het nie, sal uitgesluit word.
Multi-sektorale betrokkenheid: Aansoekers wat regte in ander kommersiële visvangbedrywe hou of wat belange het - insluitende aandele en lidmaatskapsbelange - in regtehouers in ander kommersiële visvangbedrywe, sal uitgesluit word. Begunstigdes in trusts wat ook aansoek doen, sal uitgesluit word.
Persoonlike betrokkenheid by die oes van die hulpbron: Aansoekers moet kan bewys dat hulle voorheen reeds gedurende die visvangseisoen by die strand-treknetvissery van sardiens betrokke was, en deelgeneem het aan die sakebedrywighede.
Afhanklikheid van die bron: Hoewel die Departement die beperkte seisoen, onvoorspelbaarheid van, en die risiko betrokke by hierdie visvangbedryf erken, sal aansoekers hulle historiese afhanklikheid van die strand-treknetvissery van sardiens vir hulle inkomste moet kan bewys..
Vergelykende balanseringskriteria
Regtehouer aansoekers en potensiële nuwe aansoekers sal evalueer word in terme van die volgende balanseringskriteria, wat gelaai sal word om die sterkte van elke aansoek te bepaal:
a Transformasie: Ten einde die transformasieprofiel van die KZN strand-treknetvissery van sardiens te verbeter, sal aansoekers per telling aangeteken word of hulle swart persone is, al dan nie insluitende Afrikane, Kleurlinge en Indiërs. Aansoekers wat Beslote korporasies is, sal op die volgende geevalueer word:
Die persentasie swart persone en vroue wat op besit-en uitvoerende bestuursvlak verteenwoordiging het; 
Of werknemers lede van die aansoeker is en die mate waartoe hulle voordele uit te bedryf verkry; 
Regstellende aankope; 
Verteenwoordiging van swart persone en vroue op die verskillende diensvlakke benede uitvoerende bestuur; 
Nakoming van die Wet op Diensbillikheid, 55 van 1998; en 
Korporatiewe maatskaplike belegging.
Werksgeleenthede: Aansoekers wat regte hoe wat kan bewys dat hulle werksgeleenthede - tydelik of permanent - verskaf het sal positief evalueer word. Beslote korporasies sal evalueer of hulle werknemers voorsien or voornemers om hulle te voorsien van:
Voltydse werk; 
Mediese bystand en pensioen; 
Enige ander diensvoordele; en 
Veilige werksomstandighede.
Historiese betrokkenheid: Die Departement sal in aanmerking neem hoe lank 'n aansoeker in die strand-treknetvissery van sardiens betrokke was.
Prestasie: Regtehouer-aansoekers sal geevalueer word op grond van hul prestasie op die gebied van visvangs gedurende die medium-termyn tydperk.
Nuew inkomeling-aansoekers sal getakseer word deur in ag te neem of hulle vermoë, kennis en vaardighede het om vis te vang met nette. Konsep KZN Strand-Treknetvissery Beleid: Maart 2005
Voldoening: Aansoekers wat geringe oortredings van die WLMH, die Regulasies daarby en die permitvoorwaardes began het, sal gepenaliseer word. Regtehouer-aansoekers wat nie kan bewys dat hulle voldoen aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998 en die Wet op die Heffings van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999 en die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, 1993, nie sal gepenaliseer word, waar hierdie wette van toepassing mag wees..
Voorlopige lyste
Voordat die Departement finaal besluit aan watter aansoekers kommersiële strand-treknetsardienregte toegeken sal word, sal 'n voorlopige lys van suksesvolle aansoekers uitgereik word. Persone in KwaZulu-Natal kan dan die Departement verwittig, indien enige kommersiële strand-treknetsardienvissers nie op die voorlopige lys voorkom nie, of dat daar van aansoekers voorkom wat nie daar behoort nie.
Bestuur en mede-bestuur van die KZN strand-treknetvissery van sardiens
Die kommersiële strand-treknetvissery van sardiens sal bestuur word in terme van die ekolstelselbenadering van visvangbedryf (EAF). 'n Ekostelselbenadering tot die bestuur van visvangbedrywe is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erken dat visvang en verwante aktiwiteite die breë mariene omgewing kan beinvloed.
n Nuwe Operasionele Bestuursplan vir die visvangbedryf sal binne die volgende twee tot drie jaar in werking gestel word.
Aansoekgelde
Aansoekgelde vir hierdie sektor sal nie meer as R500 beloop nie. Die Departement is besig om die koste van die toekenningsproses vir hierdie sektor vas te stel. Die Departement sal regtehouers en belanghebbende partye in kennis stel sodra 'n aansoekgeld vasgestel is. Konsep KZN Strand-Treknetvissery Beleid: Maart 2005
Gebruik van voertuie in die kussone
Baie regtehouers van die KZN strand-treknetvissery van sardiens het toestemming gevra om voertuie te gebruik binne die kussone, nadat ongereguleerde voertuiggebruik op strande in 2002 verbied is. In 2004 het die Minister van Omgewingsake en Toerisme die regulasies wat voertuiggebruik in die kussone beheer, gewysig (sien www.mcm-deat.gov.za vir die Regulasies en die Riglyne vir implementasie).
Regtehouers in die KZN strand-treknetvissery van sardiens moet by die Adjunk-direkteur-generaal van Mariene en Kusbestuur aansoek doen om 'n permit om 'n voertuig in die kussone te gebruik indien 'n voertuig nodig is vir visvangste.
Aansoekvorms vir die gebruik van voertuie in die kussone sal beskikbaar gestel word, tesame met die aansoekvorms vir regte in die KZN strand-treknetvissery van sardiens . Hierdie aansoekvorms is ook beskikbaar by www.mcm-deat.gov.za.
Permitvoorwaardes
Permitvoorwaardes vir hierdie visvangbedryf sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes van toepassing op hierdie visvangbedryf vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. Regtehouers en belanghebbende partye word genooi om kommentaar te lewer oor hierdie permitvoorwaardes..
